Agtergrond


Grondslag


Laerskool Krugerpark staan op die grondslag van die Bybel as die Woord van God en pas dit toe in elke dag. Die grondslag en karakter van Laerskool Krugerpark word verskans in sy grondwet, verwerklik deur personeel, oorgedra aan leerders, verbeeld in die skoolwapen, verwoord in die leuse en vergestalt in sy visie en missie.


Ons is ingestel op geheelkindontwikkeling, sodat elke leerder se potensiaal, optimaal ontwikkel kan word. Die ontwikkeling kan slegs plaasvind indien die vennootskap tussen ouers en personeel, ʼn eenheid vorm wat gesetel is in die Woord en Waardestelsel van ons skool.


Missie


Dit is die missie van ons skool om al sy onderwysers deur middel van indiensopleiding te ontwikkel en te verryk tot ʼn uitnemende opvoeder wat deur kundige onderrig die kind lei en begelei tot produktiewe, verantwoordelike volwassenes. Onderwysers verbind hulself tot Christelike beginsels in vennootskap tussen skool, kerk en ouergemeenskap.



Visie


Ons skool is by uitnemendheid geskoei op Christenskap wat die grondslag vorm waarop ons as opvoeders voortbou om verantwoordelike, kultuurbewuste leerders in hul Afrikaanse moedertaal op te voed en te onderrig.

Ons Geskiedenis


ʼn Juniorskool is op 21 Januarie 1947 afgestig van die Laerskool Potgietersrust met ʼn leerlingtal van 274.


Op 22 Desember 1961 sluit die skool af met die benaming Juniorskool.


OP 29 Januarie 1962 word die Juniorskool as ʼn tweede laerskool met 437 leerlinge geopen en word voorlopig die Tweede Laerskool genoem, met Mej. S.C. Odendaal as Hoof in dieselfde geboue wat tans die Arend Dieperink museum is. Daar is besluit dat daar so spoedig moontlik met die oprigting van die nuwe skool begin sal word op die terrein wat bekend gestaan het as President Kruger’s Park.


Op 5 Februarie 1962 is die eerste skoolkomitee verkies, nl: Ds. Prinsloo (Voorsitter), Mnr. Terblanche (Ondervoorsitter), Mnr. De Villiers Odendaal (Sekretaris), Dr. Hunter, Mnr. van Niekerk, Mev. Pasch en Mnr. Erlank. Die skool se naam is later verander na Krugerparkse Laerskool.


Die nuwe skool word op 16 Januarie 1965 betrek met 522 leerlinge.


Die hoeksteenlegging het plaasgevind op 18 Januarie 1966.


Op 26 Maart 1966 is Laerskool Krugerpark amptelik ingewy deur Sy Edele die Administrateur Mnr. S.H.J. van Niekerk.


Eerste Skoolhoof: Me. S.C. Odendaal 1962 – 1969

  •   Mnr. J.B Van Eeden 1970 – 1976
  •   Mnr. G.F. Prinsloo 1977 – 1980
  •   Mnr. A.G. Mans 1982 – 2009
  •   Mnr. C.R. Badenhorst 2009 – 2010 (Waarnemend)
  •   Mnr. J.L. Vertongen 2010 – Huidig


Op 27 Maart 1987 is die 21ste verjaarsdag van die skool gevier, aangesien die amptelike inwyding op 26 Maart 1966 plaasgevind het.

Op 27 Maart 2016 is Laerskool Krugerpark  50 jaar oud gewees en is ʼn gedenkblad onthul.

 Ons Skoollied


 

Ons Skoollied


Skool Wapen


Die skoolwapen bestaan uit ʼn geel Geometriese Skild. Aan die bokant is ʼn breë horisontale dwarsbalk met ʼn arend met oopgespreide vlerke daarop.


In die middel van die skild, onder die dwarsbalk, is 'n vertikale blou pilaar.

Die leuse DURF AAN EN VOLHARD verskyn op ʼn geel lint aan die onderkant van die skild. Die simboliek van die skoolwapen is as volg:

DIE PILAAR


Vastigheid en krag

Ondersteuning


DIE LEUSE


Durf aan en Volhard



DIE AREND 


Koninklike posisie – Almag van God

Jeugdige krag en vlugheid

Ondersteuning van afhanklikes

Beskerming van swakkes

Skerpsiende oë - insig

Vaste greep van kloue – volharding

Waagmoed

Die Arend word by Sport- en Kultuurgeleenthede as ʼn simbool gebruik.



DIE AREND 


Koninklike posisie – Almag van God

Jeugdige krag en vlugheid

Ondersteuning van afhanklikes

Beskerming van swakkes

Skerpsiende oë - insig

Vaste greep van kloue – volharding

Waagmoed

Die Arend word by Sport- en Kultuurgeleenthede as ʼn simbool gebruik.

Skool Wapen


Die skoolwapen bestaan uit ʼn geel Geometriese Skild. Aan die bokant is ʼn breë horisontale dwarsbalk met ʼn arend met oopgespreide vlerke daarop.


In die middel van die skild, onder die dwarsbalk, is 'n vertikale blou pilaar.  Die leuse DURF AAN EN VOLHARD verskyn op ʼn geel lint aan die onderkant van die skild. Die simboliek van die skoolwapen is as volg:


DIE PILAAR


Vastigheid en krag

Ondersteuning


DIE LEUSE


Durf aan en Volhard

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA


KONTAK BESONDERHEDE

Tel: 015 491 5838/9

Epos: [email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA




Kopiereg Laerskool Krugerpark.  Alle regte voorbehou.

KONTAK BESONDERHEDE

Tel: 015 491 5838/9

Epos: [email protected]

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out