Belangrike Inligting

Belangrike Inligting

Skooltye

Grondslagfase:

Die skool begin om 07:00 vir alle leerders.

Graad R verdaag om 12:30

Graad 1 verdaag om 13:15

Graad 2-3 verdaag om 13:30

Die skool verdaag elke Vrydag om 13:15 vir Graad 1-3 leerders.

Seniorfase:

Die skool begin om 07:00 vir alle leerders.

En verdaag om 13:30 vir alle leerders.

Die skool funksioneer op ʼn 6 dag rooster.

Die skool verdaag elke Vrydag om 13:15.

Skoolreëls

Inleiding

Hierdie dokument is die gedragskode van Laerskool Krugerpark, soos die beheerliggaam dit goedgekeur het. Die beheerliggaam het die ouers, leerders en opvoeders van die skool oor die inhoud van die gedragskode geraadpleeg. Die gedragskode is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (‘die Skolewet’); die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Wet 27 van 1996; Riglyne vir Gedragskode vir Leerders (Algemene Kennisgewing 776 in Staatskoerant 18900 van 15 Mei 1998); die Regulasies met betrekking tot Apparate vir Dwelmtoetsing en die Prosedure wat gevolg moet word (GK 1140 in Staatskoerant 31417 van 19 September 2008); Regulasies vir Veiligheidsmaatreëls by Openbare Skole (GK 1040 in Staatskoerant 22754 van Oktober 2001, soos gewysig) en toepaslike provinsiale wetgewing.

Doel

Hoewel die Staat verplig bly om opvoeding beskikbaar en toeganklik te maak, moet dít aangevul word met die toewyding en verbintenis van verantwoordelike rolspelers, naamlik opvoeders, leerders en ouers. Hierdie gedragskode is bedoel om sodanige toewyding en verbintenis te bevorder.

Die doel van hierdie gedragskode is om ʼn gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te vestig wat toegewy is aan die bevordering en handhawing van die gehalte van die leerproses.

Die gedragskode onderskryf die skool se missiestelling.

Leerders en hul ouers/voogde moet hulself van die skool se gedragskode en die bepalings daarvan vergewis. Sodra leerders by die skool/koshuis ingeskryf is, is hulle onderworpe aan die gedragskode, en moet hulle dit stiptelik nakom. Indien leerders die gedragskode oortree of minag, sal daar ooreenkomstig die dissiplinêre prosedure vir leerders teen hulle opgetree word.

Skoolgelde 2021

R1,450 per kind vir Graad 1 tot 7 

Skryfbehoeftepakket ingesluit

Betaalbaar oor 11 maande

Maandeliks betaalbaar voor die 7de van elke maand. (Januarie – November)

WYSE VAN BETALING

Kontant, bankinbetalings, debietorders, internetbetalings.

Bankbesonderhede  

ABSA Tjekrekening

Rekeninghouer : Laerskool Krugerpark

Rekeningnommer : 1210 490 066

Takkode : 632 005

Verwysing : Kind se Naam en van en rede

Skoolgelde 2023

R1,700 per kind vir Graad 1 tot 7.

Skryfbehoeftepakket ingesluit.

Betaalbaar oor 11 maande.

Maandeliks betaalbaar voor die 7de van elke maand (Januarie – November).

WYSE VAN BETALING

Kontant, bankinbetalings, debietorders, internetbetalings.

Bankbesonderhede  

ABSA Tjekrekening

Rekeninghouer : Laerskool Krugerpark

Rekeningnommer : 1210 490 066

Takkode : 632 005

Verwysing : Kind se Naam en van en rede

Toelatingsvereistes

Wanneer leerders ingeskryf word, moet die volgende dokumente die aansoek vergesel:

• Geboortesertifikaat of Identiteitsdokument van die kind;

• Oorplasingskaart van vorige skool;

• Laaste vorderingsverslag / rapport;

• Bewys van woonadres waar leerder woon; (Munisipale- of Eskomrekening)

• Afskrifte van beide ouers se ID-dokumente;

• 2 x ID-foto’s van leerder;

• Afskrif van Leerder se Immuniseringskaart;

• Afskrif van Mediesefondskaart.

Kriteria vir toelating tot Graad 1:

• Die jaar waarin ʼn kleuter 7 word, is hy/sy skoolpligtig.

Verlating van skool:

• Twee maande vooraf skriftelike kennis om die leerder uit die skool te verwyder en hierdie verpligting sal geld ongeag die rede vir die verwydering van die leerder.

• Die ouer sal aanspreeklik wees vir die betaling van alle uitstaande skoolgeld tot die einde van die maand waarin die leerder uit die skool verwyder word.

• Maak seker dat u kind se oorplasingskaart die laaste skooldag afgehaal word.

• Alle handboeke moet terugbesorg word. Waar leerders versuim, sal ʼn rekening vir onmiddellike vereffening gelewer word.

Kommunikasiekanale

Kommunikasiekanale

Kommunikasie met ouers

Inligting word weekliks op Sosiale Media (FB, Instagram en Whatsapp graad-groepe) geplaas soos benodig.

Belangrike kennisgewings sowel as advertensies word daarin geplaas.

Indien enige advertensie of kennisgewing geplaas wil word, moet toestemming by die hoof verkry word en kan u dit by die ontvangstoonbank plaas.

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA

Kopiereg Laerskool Krugerpark.  Alle regte voorbehou.

KONTAK BESONDERHEDE

Tel: 015 491 5838/9

Epos: [email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA

Kopiereg Laerskool Krugerpark.  Alle regte voorbehou.

KONTAK BESONDERHEDE

Tel: 015 491 5838/9

Epos: [email protected]

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out